Bosluisoorgedraagde siektes: Anaplasmose (Galsiekte)

Bosluisoorgedraagde siektes: Anaplasmose (Galsiekte)
Gallsickness main pic

Anaplasmose (Galsiekte) is ‘n belangrike bosluisoordraagbare siekte, wat ‘n groot ekonomiese impak het en veeverliese tot gevolg kan hê.

Anaplasmose word veroorsaak deur ‘n mikro-organisme wat in rooibloedselle van besmette diere voorkom. Daar is twee tipes: Anaplasma marginale en Anaplasma centrale.  Anaplasma marginale is by verre die belangrikste want dit veroorsaak dikwels ernstige siektes en vrektes by vatbare beeste. 

Anaplasmose kan oorgedra word deur:

  • 5 verskillende bosluisspesies
  • bloedsuiende vlieë soos stal- en perdevlieë
  • naalde wat gebruik word vir inentings of tatoeëring

 

Image
Image

Anaplasmose kom in die grootste deel van Suid-Afrika en Namibië voor. Uit die 5 verskillende bosluisspesies is die belangrikste oordraer/vektor die bloubosluis (R. decoloratus). Die parasiet A.marginale / A.centrale word deur die nimf- en volwasse stadiums van die bosluisspesie oorgedra. Bosluise word besmet wanneer hulle voed op beeste wat  siek is of herstelde diere wat draers van die siekte is. 

Simptome:

Anaplasmose simptome kan waargeneem  3-6 weke dae nadat die besmet is met A.marginale/ centrale

 

Image
Image
  • Volgehoue  / wisselende koors (>40˚C)
  • Bloedarmoede
  • Geelsug
  • Rumenstase
  • Hardlywigheid
  • Daling  in melkproduksie

 

Diagnose:

Kliniese tekens, soos hierbo beskryf, kan ‘n aanduiding wees van die siekte, maar bevestiging van Anaplasmose (Galsiekte) sal deur ‘n veearts gemaak moet word d.m.v ‘n bloedsmeer of nadoodse ondersoek

Behandeling:

Anaplasmose word sterk deur die heersende klimaatstoestande beïnvloed en uitbreke vind gewoonlik plaas in die warmer somer- en herfsmaande.

  • Indien die diere Anaplasmose het, behandel hul met Terralon® LA  teen  1ml/10kg te gebruik.
  • Onthou altyd om ondersteunende behandelings soos Vitamin B Co en Rumix poeier te gebruik vir enige dier wat koors  onderlede het.
  • Beheer bosluise en vlieë deur te dip. Maak gebruik van kombinasie produkte soos Amipor® of MultiDip

 

Met hoë bosluisuitdagings of wanneer diere na spaarkampe geskuif word:

  • Dip diere 1 x per week, vir 3 weke/ Dip volgens die 5, 5, 4 dae dipstrategie
  • Gebruik altyd kontakdipmiddels vir onmiddelike beheer: Amipor® of MultiDip

 

Vir meer inligting, of indien u enige bekommernisse het of hulp benodig met siektevoorkoming, behandelingsprotokolle, of die keuse van die regte produkte, moet asseblief nie huiwer om ons plaaslike veearts, Dr. Izak van Rensburg, te kontak nie:

WhatsApp: 081 031 4694

E-pos: izakjvr@hotmail.com

 

Share:

More Posts

Spring Dangers for Livestock

Lentegevare vir Vee

Beskerm Jou Kudde Voordat Probleme Jou Geld Kos Die lente bring nuwe groei, warmer dae en die vooruitsig van beter weiding. Vir veeboere bring die

Spring Dangers for Livestock

Spring Dangers for Livestock

Protect Your Herd Before Problems Cost You Spring brings new growth, warmer days and the promise of improved grazing. For livestock farmers, however, the change

Join Our WhatsApp Group

Please kindly complete the below form, so we can verify and ensure you are subscribed to the correct WhatsApp Group.

By Clicking Submit, You Allow Morvet to Automatically Add You to Our WhatsApp Group Based Off Of the Information Provided.