Bosluisoorgedraagde siektes: Afrika-Rooiwater

Bosluisoorgedraagde siektes: Afrika-Rooiwater
Babesia main pic

Rooiwater (babesiose) is ‘n belangrike bosluisoordraagbare siekte, wat ‘n groot ekonomiese impak het en veeverliese tot gevolg kan hê.

Twee tipes Rooiwater kom voor, naamlik Afrika- en Asiatiese/Europese rooiwater. Dit word slegs deur bosluise oorgedra.

Image
Image

Afrika-rooiwater is die wydste verspreid en kom voor in gebiede waar beide bloubosluise (R. decoloratus & R. microplus) voorkom.  Afrika-rooiwater  word deur die parasiet Babesia bigemina veroorsaak en word deur die nimf- en volwasse stadiums van die twee Bloubosluisspesies  oorgedra.

Bosluise raak besmet wanneer hulle op beeste voed wat rooiwater onderlede het of draers van die parasiete (babesiose) is. Hulle dra die besmetting deur hul eiers oor na die volgende generasie.

Simptome:

Rooiwater simptome kan waargeneem word 7-14 dae nadat die diere met die parasiet (B. bigemina) besmet is:

  • Hoë koors (40 – 41,5˚C)
  • Lig tot donkerrooi of bruin urine
  • Bloedarmoede
  • Geelsug (in gevorderde gevalle)
  • Swak eetlus, lusteloosheid, swakheid, onwilligheid om te beweeg en moontlik droë neus, dowwe pels, diarree en aborsie

Diagnose:

Kliniese tekens, soos hierbo beskryf, kan ‘n aanduiding wees van die siekte, maar bevestiging van Afrika-Rooiwater sal deur ‘n veearts gemaak moet word d.m.v. ‘n bloedsmeer.

Image
Image

Rooiwater word sterk deur die heersende klimaatstoestande beïnvloed en uitbreke vind gewoonlik plaas in die warmer somer- en herfsmaande.

  • Indien die diere Rooiwater het, behandel hul met DIZENE CATTLE® deur  7ml/100kg te gebruik.
  • Indien  u onseker is of die dier ook anaplasmose/galsiekte  onderlede het (simptome stem grootliks ooreen), kan Terralon® LA by die behandeling gevoeg word.
  • Onthou altyd om ondersteunende behandelings soos Vitamin B Co en Rumix poeier te gebruik vir enige dier wat koors  onderlede het.
  • Beheer bosluise deur te dip. Maak gebruik van kombinasie produkte soos AMIPOR® / MULTIDIP

Met hoë bosluisuitdagings of wanneer diere na spaarkampe geskuif word:

  • Dip diere 1 x per week, vir 3 weke/ Dip volgens die 5, 5, 4 dae dipstrategie
  • Gebruik altyd kontakdipmiddels vir onmiddellike beheer: AMIPOR® / MULTIDIP

Vir meer inligting, of indien u enige bekommernisse het of hulp benodig met siektevoorkoming, behandelingsprotokolle, of die keuse van die regte produkte, moet asseblief nie huiwer om ons plaaslike veearts, Dr. Izak van Rensburg, te kontak nie:

WhatsApp: 081 031 4694

E-pos: izakjvr@hotmail.com

Share:

More Posts

Embedded asset

Drie Dae Stywe Siekte

Drie Dae Stywe Siekte is ’n insekoorgedraagde, nie-aansteeklike virussiekte van beeste en waterbuffels wat in Afrika, die Midde-Ooste, Australië en Asië voorkom. Onopvallende infeksies kan

Join Our WhatsApp Group

Please kindly complete the below form, so we can verify and ensure you are subscribed to the correct WhatsApp Group.

By Clicking Submit, You Allow Morvet to Automatically Add You to Our WhatsApp Group Based Off Of the Information Provided.