Die Parasiet
Fasciolosis (Lewerslak) is een van die belangrikste parasitiese siektes in die wêreld, insluitend in Suid-Afrika.
Lewerslak in vee is verantwoordelik vir groot ekonomiese verliese soos:
- Lewers by die abattoir word afgekeur
- Mortaliteite
- Afname in melk en vleis produksie
- Verlaging in reproduksie
- Sekondêre bakteriële infeksies
‘N OORSIG VAN DIE PARASIET
Twee tipes lewerslak spesies kom in Suid Afrika voor nl.:
Gewone lewerslak (Fasciola hepatica). Hul grootte is gemiddeld 2.5 cm lank en 1.5cm breed. Hul kom oral in Suid Afrika voor veral waar die toestande gunstig is.
Reuse lewerslak (Fasciola gigantica). Hul grootte is gemiddeld 5.5cm lank en 1.5cm breed. Reuse lewerslakke word meer gevind in die noordelike streke van Suid-Afrika.
Die lewensiklus van lewerslak is kompleks en het verskeie stadiums van ontwikkeling binne en buite die vee. Lewerslakpopulasies word onderhou met die teenwoordigheid van varswaterslakke wat as tussengasheer dien.
TUSSENGASHEER
Varswaterslakke (Lymnaea spp.) dien as die tussengasheer van die lewerslak. Hulle verkies habitatte met ‘n gemiddelde jaarlikse temperatuur van 10-20 ° C en ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van 600 – 900 mm.
Die dop is langwerpig, eiervormig en is kleurloos of ligbruin van kleur. Grootte wissel tussen spesies (Die breedte van die dop is ongeveer 5,75–7 mm en die hoogte van die dop is 4,6–19,2 mm)
HABITAT
Die tipiese habitat van lewerslak is nat, moerasagtige gebiede soos vleie, spruite en gronddamme. Dit is die ideale habitat vir die oorlewing van die varswaterslak. Die water moet stadig beweeg of stilstaande wees.
Gebiede waar weidings besproei word kan ook bevorderlik wees vir die oorlewing van die parasiet
In sommige gevalle kan waterreservoirs en krippe kan ook ‘n bron van die infeksie wees.
Lewerslakinfeksies word deur ‘n aantal faktore beïnvloed:
- Die teenwoordigheid van varswaterslakke (tussengasheer) op die plaas.
- Die teenwoordigheid van geskikte nat, moerasagtige gebiede, vleie of damme. Die water moet stadig beweeg of stilstaande wees.
- Reënval help om die eiers uit die mis te was. Reënval handhaaf ook die waterliggame waar slakke kan oorleef.
- Temperatuur – speel ook ‘n groot rol in die beïnvloeding van lewerslakbesmetting:
- Beide lewerslak en varswaterslakke floreer in die warmer maande van die jaar. Wanneer die gemiddelde daaglikse temperatuur onder 10 ̊C daal, hou die eiers op om uit te broei, die ontwikkeling van lewerslaklarwes binne-in die varswaterslakke neem af en die varswaterslakke word onaktief.
- In die kouer gebiede kom die lewensiklus dus tot ‘n stilstand in die winterperiodes. In die warmer gebiede waar die temperature matig is, kan die lewensiklus dwarsdeur die jaar voortgaan. Die lewerslak besmetting sal dus deur die jaar voortgaan en getalle sal opbou.
Suksesvolle lewerslakbeheer kan ‘n uitdaging wees. Beheer moet daarop gerig wees om beide die aantal parasiete in die gasheer te verminder, asook die lewerslakpopulasie teenwoordig in die omgewing te beperk.
Uitwerking op die Lewer
Die lewer verseker ontgifting en uitskeiding van endogene en eksogene afvalstowwe. Dit neutraliseer giftige elemente van die metabolisme (bilirubien, ammoniak, ketone), omskep dit dan in herwinde voedingstowwe en verdryf dit via ontlasting of urine d.w.s
“Die lewer is dus ‘n uiters belangrike orgaan wat noodsaaklik is vir : Algemene gesondheid, Lewensvatbaarheid, Produksie, Reproduksie.”
Die lewer is ook die grootste interne orgaan en verrig talle ander funksies, soos:
- Metabolisering van proteïene, vet en koolhidrate
- Storing van water-oplosbare vitamiene, vetoplosbare vitamiene, yster, trigliseriede, glukogeen en spoorminerale
- Beveg infeksies en neutraliseer gifstowwe wat skadelik is vir die dier.
- En is ook verantwoordelik vir die vervaardiging, regulering en afbreek van hormone
Lewerslak veroorsaak ernstige skade in die diere vanaf die tyd wanneer diere die metaserkaria (Besmetlike stadium) inneem tot dat dit beheer word (of tot dat die volwasse lewerslak vrek en dit kan tot twee jaar neem). In die geval van beeste bereik sowat 25% van die metaserkaria wat ingeneem is, die lewer binne 2 weke tot 85 dae na inname. In die geval van skape bereik tot soveel as 80% van die metaserkaria die lewer in dié tyd. Die res migreer deur die liggaam en veroorsaak skade aan ander organe tot die dier uiteindelik vrek.
LEWERSLAK SKADE:
Bloeding word veroorsaak in die dunderm a.g.v. lewerslak skade.
Die metaserkaria word deur die dier ingeneem en volg die spysverteringstelsel tot in die dunderm, in die dunderm boor dit deur die dermwand om in die liggaamsholte te beland. Hulle migreer vir ongeveer 2 weke heen en weer totdat hulle die lewer bereik.
Migrerende lewerslak veroorsaak nekrose en bloeding in die lewer.
Die migrerende vroeë-onvolwassenes binne die lewer veroorsaak bloedings en skade aan die lewerweefsel wat tot onproduktiewe bindweefsel lei.
Lewerslak infestasies veroorsaak verdikking, kalsifisering en blokkering van die galbuise.
Die ontwikkeling van die onvolwasse stadia tot volwassenes in die galbuise, veroorsaak irritasie waarop die liggaam reageer. Die galbuise verdik en kan later selfs ‘n sogenaamde “pypsteel” vorm waar die galbuis afgesluit word, sodat dit nie meer effektief is om gal af te voer via die galbuis nie
BEHEER STRATEGIE
Daar is geen kits oplossing vir lewerslak nie. Effektiewe lewerslakbeheer is ’n uitdaging wat noukeurig en nougeset deur die jaar aangespreek moet word.
Die beheer strategie moet daarop gerig wees beide die aantal parasiete in die gasheer te verminder asook om die lewerslakpopulasie in die omgewing te beperk.
Navorsing en ervaring het bewys dat effektiewe en volhoubare beheer gebaseer is op ’n geïntegreerde parasietprogram wat onder andere chemiese beheer (dit is dosering van diere), weidingsbestuur, afkamping van besmette areas waar moontlik en die herstel van lekkende krippe insluit. Laasgenoemde is dikwels die ideale habitat vir die tussengasheer en dit moet verminder word.
“Vir optimale lewergesondheid is ‘n STRATEGIESE LEWERSLAKBEHEERSTRATEGIE regdeur die jaar nodig om DIE SKADE wat deur lewerslak veroorsaak word te beperk.”
Die Ekonomiese Impak
Lewerslakbesmettings kan ‘n groot ekonomiese impak hê deurdat dit lei tot verlaagde groeitempo ’s (GDT), verlaagde melkproduksie, verlaagde vrugbaarheid, lewers wat afgekeur word by die abattoir, mortaliteite (vrektes) en sekondêre infeksies.
DIE IMPAK OP MELKPRODUKSIE
In hoë risiko lewerslakareas is lewerslakbesmettings ‘n groot bedreiging vir melkproduksie. Die effek van lewerslakbesmettings op melkproduksie is goed gedokumenteer2.
- Melkverlies as gevolg van lewerslak besmetting kan tot 1 kg / dag wees. Oor ‘n laktasieperiode van 300 dae is dit 300 liter in melkproduksie verlies per koei per jaar. Met ‘n melkprys van R5,15 kan die verlies R1545 per koei tot gevolg hê.
- Hoë lewerslak besmetting kan die bottervetkonsentrasie in die melk verminder¹.
DIE IMPAK OP GROEI BY KALWERS
Lewerslakbesmetting het ‘n negatiewe effek op gewigstoename, veral by jong en groeiende beeste. ‘n Swaar besmetting van 200 slakke per kalf, kan ‘n afname in groei van tot 28.5% tot gevolg hê4,5. Die onderstaande grafiek wys die afname in liggaamsmassa wat verwag kan word by matige en swaar besmettings2.
Laer gewigstoenames beïnvloed die algehele ontwikkeling van die kalf en lei tot laer speenmassas. Dit kan ook lei tot vertraging in die bereiking van puberteit (teelouderdom). Beide die toestande het ‘n groot ekonomiese impak. Teen die huidige speenkalfpryse van >R30/kg, kan laer speenmassas ‘n groot verlies aan inkomste beteken!
DIE IMPAK OP LIGGAAMSMASSA VAN SKAPE
Lewerslak besmettings het ‘n 15% impak op voerinname wat lei tot verlaagde groei indien dit nie beheer word nie6.
AFKEURINGS VAN LEWERS
Die verlies aan inkomste as gevolg van lewers wat by die abattoirs afgekeur word a.g.v. lewerslakbesmetting, beloop maklik R100 per afgekeurde lewer!
Maak gebruik ‘n volgehoue STRATEGIESE BEHEERPROGRAM en die gebruik van die mees effektiewe produkte, om die EKONOMIESE IMPAK van lewerslak te VERMINDER
Beheerstrategie
Effektiewe lewerslakbeheer kan ‘n uitdaging wees! Beheer moet daarop gerig wees om beide die aantal parasiete in die gasheer te verminder, asook om die lewerslakpopulasie in die omgewing te beperk.
Effektiewe en volhoubare beheer word gebaseer op ‘n geïntegreerde parasiet-beheerprogram wat onder andere chemiesebeheer (dosering van diere), weidingsbestuur, afkamping van besmette areas (waar moontlik) en die herstel van lekkende krippe (wat die habitat van die tussengasheer verminder), insluit. Die chemiesebeheer van varswaterslakke deur middel van die toediening van kopersulfaat is normaalweg onprakties en kan gevaarlik vir die diere wees!
Tydsberekening van lewerslak behandeling is een van twee sleutel faktore vir effektiewe lewerslakbeheer. Dit word gebaseer op die volgende:
- Genesende behandeling:
Herfs (April/Mei). Met die herfsbehandeling is dit noodsaaklik om vroeë-onvolwasse-, onvolwasse- en volwasselewerslakke te beheer om lewerskade te verminder. - Voorkomende behandeling:
Laatwinter/Vroeglente (Aug./Sept.) Die behandeling is noodsaaklik om oorblywende lewerslakke te verwyder om herbesmetting van die weiding te verminder. - Opsionele behandeling:
Somer (Jan/Feb.) In areas waar die lewerslakbesmetting baie hoog is, is hierdie behandeling nodig om optimale beheer te verseker.
Produk keuse is die tweede sleutelfaktor in effektiewe lewerslakbeheer.
Deur lewerslak so goed moontlik te beheer, kan die skade beperk word. Die belangrikheid om die vroeë-onvolwasse stadia wat die lewer binnedring en migreer so goed moontlik te beheer, kan nie genoeg beklemtoon word nie! Tydigheid van behandelings en die gebruik van ‘n doeltreffende middel is dus van kardinale belang.
- Orale dosering: Triklabendasool is die aktiewebestandeel van keuse vir die beheer van die lewerslak binne in die lewer. Onthou net – geen middel beheer die migrerende stadium van die dunderm af na die lewer nie (<2 weke)! Bekdosering is die doeltreffendste metode om die vroeë onvolwasse stadia (>2weke en ouer), wat die meeste skade aanrig, te beheer.
- Inspuitbare middels beheer net sekere stadia in die lewer. Die mees algemeen gebruikte inspuitbare produkte wat klorsulon/ivermektien bevat, asook die wat nitroksiniel bevat, beheer net die volwasse stadia wat in die galbuise voorkom. Inspuitbare middels wat closantel bevat, mag ‘n “hulp in beheer” registrasie op van die onvolwasse stadia hê wanneer dit teen ‘n hoër dosis gespuit word , asook volwasse lewerslak beheer.
Gebruik Flukazole C een- tot twee keer in die lewerslak beheerprogram, veral in die areas waar lewerslakbesmettings hoog is. Die sinergistiese kombinasie van Flukazole C se twee aktiewebestandele (triklabendasool en oksfendasool), bied breëspektrum beheer wat insluit:
- Lewerslakbeheer – effektiewe beheer van die eerste beheerbare 2 week oue onvolwasse stadium (wanneer dit die lewer binnedring), tot en met die volwasse stadium,
- Rondewurm beheer en
- Melklintwurmbeheer
Vir meer inligting, of indien u enige bekommernisse het of hulp benodig met siektevoorkoming, behandelingsprotokolle, of die keuse van die regte produkte, moet asseblief nie huiwer om ons plaaslike veearts, Dr. Izak van Rensburg, te kontak nie:
WhatsApp: 081 031 4694
E-pos: izakjvr@hotmail.com

