Waak teen vergiftiging met inkbessie dié winter

Waak teen vergiftiging met inkbessie dié winter

Inkbessie bos

Tien beeste van ‘n produsent van die Lichtenburg-omgewing het onlangs gevrek nadat hulle die uiters giftige inkbessie gevreet het. Vergiftiging weens hierdie indringerplant, wat oorspronklik van Brasilië afkomstig is, kom gewoonlik in Junie en Julie onder beeste voor wanneer dit droër is.

Cestrum laevigatum, oftewel die inkbessie (ook bekend as inkbossie) is ‘n immergroen struik van ongeveer 1 m tot 2 m in hoogte. Langs kusgebiede kan dit bome van tot 15 m lank vorm.

Só lyk die blomme van die giftige struik.

Die struik is destyds as ‘n sierplant vir tuine na Suid-Afrika gebring en om ook as as windbreuk te dien. Die plant word geken aan elliptiese blink groen blare, groen tot swart olyfvormige bessies, ‘n dun vaalgrys bas, geel trompetagtige blomme en ‘n onaangename skerp reuk as mens die blare en/of stingels kneus.

Weiding is meestal kaal gevreet teen hierdie tyd van die jaar en grootvee eet dan op ‘n nie-selektiewe wyse die plant raak. Die konsentrasie gifstowwe – gitogenin en digitogenin – is ook gedurende hierdie tyd op hul hoogste in die groen bessies van die plant. Dit veroorsaak akute lewerskade wat lei tot skielike vrektes.

Simptome

Die inkbessie word maklik deur voëls versprei wat die bessie met die saad eet en in mis uitwerp. Die inkbessie was lank net tot sekere dele in KwaZulu-Natal beperk, maar kom nou ook voor in dele teen die Vaalrivier in die Noord-Vrystaat en Noordwes.

Die bessies van die inkbessie-plant.

Simptome van vergiftiging is tipies dié van koliek, naamlik rusteloosheid, knersing van tande en kreuning. Die dier sal na die buik skop en krom staan. Oog-uitloopsels, hardlywigheid, swak balans, ingesonke en starende oë is ook simptome van dié vergiftiging.

Die gif werk vinnig en dikwels word die diere dood gevind voor enige simptome aangeteken kan word. Daar is ook geen behandeling vir ‘n siek dier nie, maar in gevalle van vergiftiging deur ‘n lae dosis, kan die dier ná drie of vier dae oorleef met veeartsenykundige hulp.

Voorkoming

Die bessies kan giftig wees vir beeste, skape en bokke. Om gevalle van vergiftiging te keer, moet weiding in kampe waar inkbessie voorkom, vermy word. Chemiese beheer van die bossie moet ook aangepak word. ‘n Mengsel van Browser, crop oil en Ecoblue in water word aanbeveel. Die chemiese toediening moet met ‘n rugsak spuit gedoen word.

Dit is belangrik om die toediening van die gifstof te beperk tot die teiken plant om te voorkom dat dit voordelige bome soos soetdorings en witstinkhout beskadig en onnodige hoeveelhede van die duur produkte verbruik word.

Artikel geskryf deur Dawid van Heerden en gepubliseer in NWK Arena 2024

Vir meer inligting, of indien u enige bekommernisse het of hulp benodig met siektevoorkoming, behandelingsprotokolle, of die keuse van die regte produkte, moet asseblief nie huiwer om ons plaaslike veearts, Dr. Izak van Rensburg, te kontak nie:

WhatsApp: 081 031 4694

E-pos: izakjvr@hotmail.com

Share:

More Posts

Why Liver Health?

Why Liver Health?

Although all organs in the animal’s body are important, the liver is probably one of the most important in view of the sheer number of

Why Liver Health?

Hoekom Lewergesondheid?

Alhoewel alle organe belangrik is om sekere funksies in die liggaam te verrig, is die lewer sekerlik een van die belangrikste organe as ‘n mens

Liver Fluke

Lewerslak

Die Parasiet Fasciolosis (Lewerslak) is een van die belangrikste parasitiese siektes in die wêreld, insluitend in Suid-Afrika.  Lewerslak in vee is verantwoordelik vir groot ekonomiese

Liver Fluke

Liver Fluke

Fasciolosis (Liver fluke) is one of the most important parasitic diseases throughout the world including, South Africa. Liver fluke infections in livestock are responsible for

Join Our WhatsApp Group

Please kindly complete the below form, so we can verify and ensure you are subscribed to the correct WhatsApp Group.

By Clicking Submit, You Allow Morvet to Automatically Add You to Our WhatsApp Group Based Off Of the Information Provided.