Slenkdalkoors is dodelik vir mens én dier

Slenkdalkoors is dodelik vir mens én dier

Slenkdalkoors is dodelik vir mens én dier

met Dr. Izak van Rensburg, Inwonende Veearts, Morvet Diereversorging.

Wees waaksaam oor Slenkdalkoors, pleit vee kenners, omdat dit enige oomblik weer in Suider-Afrika kan uitbreek nadat baie reën in dele uitgesak het en muskiete grootskaals uitbroei. Dié veesiekte hou ook ’n ernstige bedreiging vir mense in en kan tot sterftes lei.

Boere behoort hul risiko te bepaal. “As jy in ‘n gebied met ‘n hoe risiko boer, moet jy jou diere vir die reënseisoen inent, want as die siekte by jou uitbreek, is dit te laat om iets daaraan te doen.”

Mense kan besmet word wanneer hulle ‘n dooie dier oopsny. “Die binnegoed van ‘n besmette dier is goudgeel. Moenie daaraan raak nie, want dan kan jy besmet word en selfs sterf,”

Die gevaar van besmetting vir die mens kan veral voorkom tydens grootskaalse uitbrekings van slenkdalkoors wanneer hulle deur die hantering van besmette diere, blootstelling aan hul liggaamsvloeistowwe of selfs deur muskietbyte kan aansteek. Simptome wissel van matige griepagtige tekens soos koors, hoofpyn en spierpyn, tot erge simptome soos hemorragiese koors, enkefalitis (harsingontsteking) en oog-komplikasies. Swanger vroue loop veral ‘n risiko weens die gevaar van ‘n miskraam.

Wanneer ‘n aborsie storm op ‘n plaas voorkom en mense griepsimptome toon, is dit gewoonlik die belangrikste tekens dat dit slenkdalkoors kan wees.

Mense moet hulle gevolglik daarvan weerhou om aan besmette diere te raak. Gebruik middels tydens uitbrekings om muskiete weg te hou

Daar is altyd ‘n risiko dat slenkdalkoors kan uitbreek, diere het nou ‘n swak immuniteit teen slenkdalkoors het omdat die laaste uitbreking so lank gelede was. 

Inligting verkry van artikel in Landbou.com met aanhaling Van Dr. Faffa Malan, Prof Prof. Leon Prozesky en Prof. Peter Thompson.

Watter raad is daar om die voorkoms van bloutong te beperk?

Inenting is sonder twyfel die beste voorsorgmaatreëls om bloutong te voorkom, maar die boer kan ook die volgende doen om die impak van hierdie siekte te versag: Bly weg van ongeregistreerde “middels”, “entstowwe” en boererate. Verminder kontak tussen die muggies wat die bloutong virus versprei en skaapkudde.

Voorheen ingeënte diere is minder vatbaar as jong lammers wat spesiale aandag en versorging verg. Beeste word min of glad nie deur die virus aangetas nie, maar is meer aantreklik vir die muggie.

As beeste en skape saam wei, sal muggies geneig wees om die beeste te verkies. Onthou egter dat die virus in die beeste kan vermenigvuldig.

Die muggies broei in klam dele, soos vleie, uit. Daarom, indien moontlik, behoort sulke plekke vermy te word, veral snags wanneer hulle aktief is. Indien moontlik kan die kudde en veral die waardevolste diere, soos ramme, in ‘n beskutte skuur van laatmiddag tot laat oggend gehou word.

Openinge kan met skadunet toegemaak en met insek af werende middels bespuit word. Skape kan met geregistreerde insekmiddels oor die kop en bene gespuit word. Die beste bestanddeel hiervoor is middels wat deltametrien bevat.

Behandeling van aangetaste skape berus op goeie versorging, sagte kos en, indien nodig, toepaslike antibiotika en pynstillers.

Inligting verkry uit artikel in Landbou.com. Saamgestel deur Dr. Faffa Malan

 

As jy enige bekommernisse het of hulp nodig het met die voorkoming of behandeling van siektes, moenie huiwer om Dr Izak van Rensburg te kontak by:
WhatsApp : 081 031 4694
Epos : izakjvr@hotmail.com

Share:

More Posts

Improving Biosecurity on the farm

with Dr. Izak van Rensburg, Resident Veterinarian, Morvet Animal Care   Biosecurity is the prevention of disease causing agents entering or leaving any place where

Join Our WhatsApp Group

Please kindly complete the below form, so we can verify and ensure you are subscribed to the correct WhatsApp Group.

By Clicking Submit, You Allow Morvet to Automatically Add You to Our WhatsApp Group Based Off Of the Information Provided.